Selfsorg-akkommodasie naby Richmond, Noord-Kaap

'n Plek om af te skakel en te rus

Ongersfontein Gasteplaas bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in vyf unieke kothuise, elk met sy eie karakter en gevoel. Die gasteplaas is op 'n werkende plaas langs die N1 naby Richmond in die Noord-Kaap geleë, en bied 'n rustige plek om te oornag en die oop landskap van die Karoo te ervaar.

Elke kothuis beskik oor 'n ten volle toegeruste selfsorgkombuis, gemaklike beddens, 'n privaat stoep en 'n braaiplek. Gratis Wi-Fi, sonkrag en die rustige plaasomgewing maak Ongersfontein 'n ideale oornagplek vir reisigers wat die Karoo verken of deur die Noord-Kaap op die N1 reis.

Sonop
Sonsak
Tiptol
Lyster
Bokmakierie
 BESPREEK NOU

Sonop

'n Gemaklike selfsorgkothuis met 'n uitsig oor die dam,  vir tot 3 gaste.

Geriewe

'n Gemaklike selfsorgeenheid wat 3 gaste kan akkommodeer. Sonop bied 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n oopplan leefarea en toegeruste kombuis. 'n Addisionele gas kan in die leefarea van die slaapbank gebruik maak. Addisionele bababedjie op versoek.

  • ✔
    Bad, Stort & Toilet
  • ✔
    Lugbraaier, Stoof, Oond & Mikrogolfoond
  • ✔
    Eetgerei, breekware en koffiegeriewe
  • ✔
    Gratis Wi-Fi
  • ✔
    Braai Area
  • ✔
    Eie wasmasjien
  • ✔
    Troeteldiere op versoek
  • ✔
    Sonkrag - geen beurtkrag

Sonsak

Ruim selfsorgeenheid met 3 slaapkamers vir tot 6 gaste.

Geriewe

'n Bekoorlike selfsorgeenheid met 3 slaapkamers wat elk oor 2 enkelbeddens beskik. 'n Groot badkamer met 'n addisionele gastetoilet. Die eenheid bied 'n oopplan leefarea met gemaklike rusbanke en 'n ruim kombuis. Addisionele bababedjie op versoek.

  • ✔
    Bad, Stort & Toilet
  • ✔
    Lugbraaier, Stoof, Oond & Mikrogolfoond
  • ✔
    Eetgerei, breekware en koffiegeriewe
  • ✔
    Gratis Wi-Fi
  • ✔
    Braai Area
  • ✔
    Eie wasmasjien
  • ✔
    Troeteldiere op versoek
  • ✔
    Sonkrag - geen beurtkrag

Bokmakierie

Gerieflike kothuis met 'n pragtige uitsig, ideaal vir paartjies.

Geriewe

Een van ons kleiner selfsorgeenhede wat ideale verblyf bied vir 'n enkellopende persoon, of gemaklik 'n paartjie kan akkommodeer. Die eenheid bied oornagplek in 'n dubbelbed​ en 'n addisionele bababedjie op versoek.

  • ✔
    Stort & Toilet
  • ✔
    Volledige kombuis
  • ✔
    Eetgerei, breekware en koffiegeriewe
  • ✔
    Gratis Wi-Fi
  • ✔
    Braai Area
  • ✔
    Gedeelde wasgeriewe
  • ✔
    Troeteldiere op versoek
  • ✔
    Sonkrag - geen beurtkrag

Lyster

'n Nuutgeboude kothuis ideaal vir 'n paartjie of enkellopende persoon.

Geriewe

Een van ons kleiner selfsorgeenhede wat ideale verblyf bied vir 'n enkellopende persoon, of gemaklik 'n paartjie kan akkommodeer. Die eenheid bied oornagplek in 'n dubbelbed​ en 'n addisionele bababedjie op versoek.

  • ✔
    Stort & Toilet
  • ✔
    Volledige kombuis
  • ✔
    Eetgerei, breekware en koffiegeriewe
  • ✔
    Gratis Wi-Fi
  • ✔
    Braai Area
  • ✔
    Gedeelde wasgeriewe
  • ✔
    Troeteldiere op versoek
  • ✔
    Sonkrag - geen beurtkrag

Tiptol

'n Kothuis, ideaal vir 'n paartjie wat 'n prag-uitsig oor die Karoo wil geniet.

Geriewe

Een van ons kleiner selfsorgeenhede wat ideale verblyf bied vir 'n enkellopende persoon, of gemaklik 'n paartjie kan akkommodeer. Die eenheid bied oornagplek in 'n dubbelbed​ en 'n addisionele bababedjie op versoek.

  • ✔
    Stort & Toilet
  • ✔
    Volledige kombuis
  • ✔
    Eetgerei, breekware en koffiegeriewe
  • ✔
    Gratis Wi-Fi
  • ✔
    Braai Area
  • ✔
    Gedeelde wasgeriewe
  • ✔
    Troeteldiere op versoek
  • ✔
    Sonkrag - geen beurtkrag

Ongersfontein Gasteplaas
'n Gerieflike Oornagplek langs die N1

Ongersfontein Gasteplaas is ideaal geleë vir reisigers wat deur die Karoo en Noord-Kaap reis. Ons ligging naby Richmond maak dit 'n gerieflike oornagplek vir reisigers op die N1 tussen bestemmings soos Colesberg, Hanover, Three Sisters en Beaufort-Wes.

 Bespreek nou